Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Crime Beat

@ Sunday Times Books LIVE

Crime Cameos : Herehuis van die Barones by Derick Muller

Crime CameosCrime Beat continues with Crime Cameos, a series of short stories by local writers. This week’s story is ‘Herehuis van die Barones’ by Derick Muller, a student at UCT’s Centre for Creative Writing.

Bloed. Bloed orals. Bloed en ’n verloofring.

Die telefoon lui. Speurder Hanz Saunders ruk wakker uit ’n nagmerrie. Hy moes ingesluimer het. Al die deurnagte se gewerk aan die saak oor die verdwyning van sy verloofde is besig om sy tol te eis. Sy lessenaar is toe onder notas, halwe leidrade en stapels leêrs.

“Speurder Saunders?” praat ’n jong mansstem aan die ander kant van ’n gebroke lyn.

“Ja.”

“Konstabel Labuschagne. Ons het haar gekry.”

Alles raak stil. In die agtergrond hoor Hanz ’n klank. Die geslyp van ‘n mes.

“Waar is jy?”

“Die Barones se herehuis. Hier is…” Ggssshhh.

Die lyn breek op.

Die bande van Hanz se 1956 afslaankap Jaguar sny deur die teer soos ‘n kettingsaag deur ‘n warm lyf. In die truspieël verdwyn die stad.

By ’n geroeste gietysterhek draai hy in. In die verte verrys die herehuis.

Niks voel natuurlik aan hierdie plek. Nie die yl, swart, dooie bome. Nie die skarlakenrooi kleur van die horison. Nie die loodsmaak van bloed in die lug.

Skemer stop hy voor die kasarm.

Hy klop een keer. ’n Diep, dowwe slag.

Uit die binnesak van sy pak, haal hy ’n sigaret. Hy steek dit aan. Die kool brand rooi teen die skaduwee van sy wangbeen. Sy ander hand wag op sy rewolwer.

Die voordeur kraak oop. Die Barones is ’n lyk. Bleekwit, verweerd. Geklee in ewige elegansie in haar motgevrete aandrok. Sy hand ontspan.

“Volg my.” Asem sy benerig.

Hy skiet die sigaret die donkerwordende horison in.

Binne is dit onheilspellend. Kerse brand chiaroscuro in die hoeke. Die Barones dryf spraakloos verby ’n gedekte eetkamertafel, die kombuis in. Buite huil die wind.

Hanz stap die kombuis binne. Hy ruk.

Die hele kombuis is oortrek met bloed. Dit drup van die plafon, teen die kasdeure af en oor die tafel.

Bloed orals.

Hy sluk.

Lig skeur deur die bloedbedekte vensters. Die reuk van dood het nog nie gearriveer. Dis nog te vroeg.

“Waar is die konstabel?” vra hy die Barones wat leeg-oog die niet in staar.

“Hy moes gaan.”

“Waarheen?”

“Die nag in.”

Haar woorde is koud.

Die bloedteëls suig aan sy blinkswart leerskoene.

“Waar’s sy?” vra hy.

Geen antwoord.

Met suigsole deursoek Hanz die kombuis. Daar is geen leidrade. Geen liggaamsdele. Slegs bloed.

Skielik, ‘n skeurgeluid vanuit die spens.

Hanz trek sy rewolwer uit sy holster. Hy tree nader. Rewolwer in die hand stoot hy die spensdeur oop.

Die spens is ’n lang, swart skaduwee. Lig kruip verby Hanz se skraal lyf, tot agter in die hoeke.

Die Barones skuif agter hom in. Sy haal swaar asem.

Net die skeurgeluid dui aan dat daar iets in die diepte is. Hy knip sy oë. Die skaduwee kry vorm. ‘n Misvormde gedrog. ’n Vergroeisel. Om die gedrog se oë pulseer sy vleis. Slagtande is besig om die vleis van ’n menshand af te skeur. Aan die tweede laaste vinger blink ‘n diamantring.

Hanz ruk. Hy erken dit oombliklik.

“Wat de hel is hierdie?” rasper sy stem.

Die gedrog kyk op.

“Ughh.” Uiter dit.

“Dis my seun.” Verklaar die Barones.

“Waar is die konstabel?”

“Hy wou my kind se kos afvat.”

Die speurder se lyf raak koud. Die son sterf op die horison. Die kombuis verduister. Bewend trek Hanz ‘n sigaret uit sy binnesak en steek dit aan. Hy kyk na die vrou agter hom. Skielik lyk sy anders.

Die vleis om haar oë pulseer. Sy refleksie rimpel in haar saf retina. Hy hoor haar slagtande slyp. Skielik erken hy die klank.

“Honger?” vra hy.

 

Recent comments:

  • <a href="http://www.sapartridge.co.za" rel="nofollow">Sally</a>
    Sally
    August 13th, 2009 @09:23 #
     
    Top

    Derick is also the author of the M.E.R Youth Prize nominated Vuil Skottelgoed. Absolutely loved this crime bite. Well done Derick!

    Bottom
  • <a href="http://crimebeat.book.co.za/" rel="nofollow">Mike Nicol</a>
    Mike Nicol
    August 13th, 2009 @10:58 #
     
    Top

    He is a man with a wicked sense of humour. A small anecdote: when he read this in class he battled to keep a straight face. Had us all in stitches.

    Bottom
  • <a href="http://marionerskine.book.co.za" rel="nofollow">Marion</a>
    Marion
    August 24th, 2009 @15:49 #
     
    Top

    That's the Derick I've come to get to know. Always something up his sleeve. Even if it's a blade to sharpen teeth. :) Awesome story mate. Looking forward to new ones soon.

    Bottom

Please register or log in to comment

» View comments as a forum thread and add tags in BOOK Chat